top of page
starry_night_city_sterrenag_stad.jpeg

Oor Ons

Sedert 1943

Kunssentrum Hugo Naudé is deel van ‘n trotse nalatenskap van uitvoerende en visuele kunssentrums regoor die  Wes-Kaap. Hierdie unieke onderneming is daarop gefokus om die kunste toeganklik te maak vir leerders uit alle oorde. Ons glo in die belangrikheid van ‘n opvoeding in die kunste om die holistiese ontwikkeling van ons jeug te verseker en om hulle toe te rus vir ‘n suksesvolle loopbaan in ‘n wêreld waarin kreatiewe- en kritiese denkvaardighede al hoe belangriker geag word.

Die Hugo Naudé Kunssentrum is geleë in Tulbaghstraat, Worcester. Die sentrum, wat in 1943 gestig is, is vernoem na een van Suid-Afrika se bekendste impressionistiese kunstenaars, Hugo Naudé. Die Kunssentrum bied 'n wye verskeidenheid vakke aan in sowel visuele as impressionistiese kunste. Die Hugo Naudé Kunssentrum bedien die Breederiviervallei sowel as die omliggende streke.

Kunssentrum Hugo Naudé volg die WKOD Kurrikulum in die aanbieding van VOO, Senior Fase en Intermediêre Fase programme.

bottom of page